ANDERSE TUNATERT
Resep geplaas deur Maureen Jansen van Rensburg
Foto: Adri Van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Vriendin van my het eendag hierdie anderste Tuna tert gemaak en het my so ooreet aan hierdie tert dat ek eintlik siek was. Ek deel graag haar resep met julle.
4 teelepels Gelatien of 1 koevertjie
1 pakkie suurlemoenjellie
375 ml kookwater
1 pakkie Tuc beskuitjies
1 koppie Cross and blackwell mayonnaise
1 klein gerasperde ui
3 gekookte eiers (gerasper)
2 blikkie tuna (water gedreineer)
Pietersielie en aromat na smaak (opsioneel)
Meng gelatien, jellie met die kookwater, en laat dit afkoel. Meng nou die res van die bestanddele saam behalwe die tuc beskuitjies. Smeer tertbak en pak jou tuc beskuitjies daarin (kors), voeg die jelliemengsel by die vismengsel en roer goed deur. Skep op die beskuitjies. Sit is yskas om te stol.
Nota: Adri van Zyl: Ek het nog n sirkel Feta kaas ook ingekrummel en dit was baie lekker!









geskuif
Oh, ja amper vergeet ek. Ek het nog n sirkel Feta kaas ook ingekrummel en dit was baie lekker!
Hierdie is n heerlike tert! Dis koel vir die somer en sommer net iets anders as die gewone soutert. Die tert het n tangy-soet smaak, maar is nie te soet nie. Die soetigheid kom van die jellie. Omdat daar gelatien ook in is, stol hy baie vining en sny lekker in blokkies.
Ek kan dit regtig aanbeveel vir n ligte ete of as n tert by n patytjie.