MINI NIERTJIE QUICHES
Vir die kors het ek my geen gis deeg gebruik wat op die blog is.
https://www.foodloversrecipes.com/2014/01/geen-gis-pizza-deeg/
Ek het 4 niertjies baie klein blokkies opgesny en ‘n ui fyn gekerf. Die ui gebraai in olyfolie tot net deurskynend en toe die niertjies bygevoeg. By dit het ek bietjie growwe sout en tee telepels cumin gevoeg en vir so 5 minute geroerbraai en toe 2 eetlepels tamatiepasta bygeroer, dit bedek en liggies geprut vir nog 5 minute.
Intussen het ek 250ml melk en joghurt gemeng en 2 eiers daarby geklits. By dit het ek ‘n pakkie Potato bake deeglik ingeroer. Laastens het ek die pannetjies met die deeg uitgevoer, die niertjie vulsel ingeskep en dit met die melkmengsel bedek en by180ºC gebak vir 30 minute.
Nota: Vir die 12 tertjies het daar van die niertjies en die melkmengsel oorgebly.
Bron en foto: Adam Cloete








