Ons “somer” is so mislik dat dit nou tyd is vir lekker “comfort food”
Sous:
In ‘n groot kastrol met ‘n deksel
5 koppies water
2 koppies suiker
1 eetlepel botter
1 teelepel Vanilla essence
Deeg:
50 ml botter
50 ml suiker
2 eiers
50 ml appelkooskonfyt
2 koppies meel
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
50 ml melk
Bring al die bestanddele vir die stroop tot kookpunt.
In ‘n mengbak room die botter en die suiker.
Voeg die eiers een vir een by asook die vanilla essence.
Roer die appelkoos konfyt by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit om die beurt met die melk by die mengsel.
Skep eetlepels vol van die deeg in die kastrol met die sous in. (dip eers die lepel in die sous om te verhoed dat die deeg aan die eetlepel vassit )
Plaas die deksel op en moenie afhaal vir die eerste 20 min nie. Op hierdie stadium draai ek my stoof af na ongeveer 2 toe om te verhoed dat die stroop oorloop.
Die resep kan gehalveer word.
BRON: Wilanda Räsänen








