

PIKKIE SE WOESTYN BILTONG STOKKIES
Resep geplaas deur Pikkie Langenhoven
Foto: Pikkie Langenhoven
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg rump steak gesny in dun repies
50 g Safari biltong speserye
1 teelepel fyn swart peper
40 g sagte bruinsuiker
Ongeveer 25 g (na smaak) koljander. Het heel koljander eers geskroei en toe fyn gemaak in die blender
1 koppie bruin asyn
knypie fyn sout (ongeveer ‘n ½ teelepel)
½ koppie Worcester sous
Continue reading
Category Archives: Biltong Resepte/Recipes
HENDRIK SE BILTONG TERT


HENDRIK SE BILTONG TERT
Resep en foto: Hendrik Markgraaff
FOOD LOVERS RECIPES
1 rol skilferkorsdeeg
160 g klam biltong
1 koppie gerasperde kaas
250 ml room
2 ekstra groot eiers of 3 groot eiers
Verhit die oond tot 180ºC.
Rol die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en plaas die deeg in ‘n oondbak wat met kleefwerende kossproei gespuit is en maak die randte netjies. Moenie deeg rek nie anders krimp dit terug wanneer dit bak. Continue reading
GIDEON SE BILTONG


GIDEON SE BILTONG
Foto en resep: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het by my plaaslike supermark vir my beesvleis gekoop, dit was twee snitte waarvan die meeste topside was.
Per een kg vleis het ek gebruik:
1 g bruinsuiker (gebruik meer of minder na smaak)
20 g gemaalde growwe sout
Freddie Hirsch se biltong speserye (volgens etiket aanwysings)
1 koppie koljander ingewerk
1 koppie bruinasyn gemeng met 2 koppies woestersous (in ‘n spuit bottel) Continue reading
BILTONGSLAAI MET BASIELIEKRUIDSOUS


BILTONGSLAAI MET BASIELIEKRUID SOUS
Foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak Asian slaai
¼ komkommer
15 klein coctail tamaties
½ blok Kasselhoop cheddar with fruitcake mix, opgesny
2 hande vol nat biltong
Rangskik op ‘n bord, giet bietjie Griekse slaaisous oor.
Sprinkel bietjie swart peper oor.
Skep dan ‘n paar lepels Basil Pesto mayonnaise oor (mayonnaise gemeng met basil pesto na smaak)
BILTONG- EN SAMPIOENSOP


BILTONG- EN SAMPIOENSOP
Resep en foto: Karin Britz
FOOD LOVERS RECIPES
250 g biltong
60 g fyn biltongpoeier
1 pakkie versnipperde sampioene
125 g botter
250 ml koekmeel
1,5 liter beesvleisaftreksel
10 ml swart peper
250 ml gerasperde Cheddar kaas
sout na smaak
500 ml melk
125 ml room Continue reading
BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES


BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES
Ek het sommer die pakkies stroganoff (strips) gekoop by pnp – sprinkel 40 gram van Freddy Hirsch se Barbecue SPECIAL vir elke 1 kg vleis en meng goed deur. Laat staan oornag en pak uit en droog (sommer met paperclips op my opslaan wasgoeddraad gehang met waaier – binne dag was hulle droog genoeg.
Barbecue Special klink nie reg nie, maar dit het daai byt in. Freddie Hirsch het ook Hunters Chilli maar het dit nog nie probeer nie – dink dis dalk die heel sterke.
Resep: Barbara Mayer
SAVOURY BILTONG CAKE



SAVOURY BILTONG CAKE
Source and photo: Charleen Karsten
2nd Photo: Lizelle Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg Golden Cloud savory muffin mix
8 eggs
300 ml oil
640 ml full cream milk or yoghurt
2 cups grated cheese
pinch cayenne pepper and parsley
Mix eggs, oil and milk together. Continue reading
ANNELISE SE BILTONGTERT


ANNELISE SE BILTONGTERT
Bron en foto: Annelise Engelbrecht
FOOD LOVERS RECIPES
Wil net gou n baie lekker en maklike biltongtert resep met julle deel. die bron is n vriendin.
Plaas blaardeeg onder in ‘n oondbak om ‘n kors te vorm.
Rasper kaas oor deeg en strooi fyn biltong poeier oor die kaas na smaak.
Klits saam:
6 eiers
250 ml room
250 ml maas- of roomkaas
1 koppie melk
Geur die eiermengsel met sout en peper na smaak.
Giet die mengsel oor die biltong.
Rasper weer bietjie kaas oor.
Bak by 180°C vir 45 min.
CHRISNA SE BILTONGPOT


CHRISNA SE BILTONGPOT
Resep: Chrisna Church
Foto: Su-Lette Louise Venter
FOOD LOVERS RECIPES
Kook 1 pak macaroni tot al dente.
Braai dan 1-2 gekapte uie, ‘n pakkie gesnyde sampioene, 1 groen soetrissie en soms knoffel saam. Plaas alles in swartpot bymekaar saam met 500 g – 1 kg klam, dun gesnyde biltong.
Meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met room, ons gebruik gewoonlik 500 ml, en skep by jou mengsel in die pot.
Laat prut so 15 min, rasper kaas bo-oor en sit deksel op tot gesmelt. Nog meer lekker die volgende dag!
NAMIBIA BILTONG




NAMIBIA BILTONG
Foto en resep geplaas: Mariska Louw
Foto van gekerfde biltong: Madelein Brinklow
FOOD LOEVERS RECIPES
My biltong is gehang, hoop dit is reg teen Vrydag om saam te neem na my sus toe in Durban. BEES en WILD biltong resep.
Hier is hoe ons al vir GENERASIES al hier in Nambia biltong maak, en DIT bly vir my persoonlik die HEEL LEKKERSTE!
Vir elke 1 kg biltongvleis, die volgende mengsel speserye:
18 g sout
2 g swart peper
1 g bruinsuiker
4 g koljander Continue reading

