PIKKIE SE WOESTYN BILTONG STOKKIES
1 kg rump steak gesny in dun repies
50 g Safari biltong speserye
1 teelepel fyn swart peper
40 g sagte bruinsuiker
Ongeveer 25 g (na smaak) koljander. Het heel koljander eers geskroei en toe fyn gemaak in die blender
1 koppie bruin asyn
knypie fyn sout (ongeveer ‘n ½ teelepel)
½ koppie Worcester sous
Continue reading
Category Archives: Biltong Resepte/Recipes
HENDRIK SE BILTONG TERT
HENDRIK SE BILTONG TERT
1 rol puff pastry (Skilferkorsdeeg)
160 g klam biltong
1 koppie gerasperde kaas
250 ml room
2 ekstra groot eiers (of 3 groot eiers)
Verhit oond tot 180ºC.
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Plaas dit in jou oondbak (spuit met spray en cook), moenie deeg rek nie (dit krimp terug as dit bak) Continue reading
GIDEON SE BILTONG
GIDEON SE BILTONG
Ek het by my plaaslike supermark vir my beesvleis gekoop, dit was twee snitte waarvan die meeste topside was.
Per een kg vleis het ek gebruik:
1 gram bruinsuiker (gebruik meer of minder na smaak)
20 gram gemaalde growwe sout
Freddie Hirsch se biltong speserye (volgens etiket aanwysings)
1 koppie koljander ingewerk
1 koppie bruinasyn gemeng met 2 koppies woestersous (in ‘n spuitbottel) Continue reading
BILTONG SLAAI MET BASIELIEKRUID SOUS
BILTONG SLAAI MET BASIELIEKRUID SOUS
pak Asian slaai
1/4 komkommer
15 klein coctail tamaties
halwe blok Kasselhoop cheddar with fruitcake mix, opgesny
2 hande vol nat biltong
Rangskik op ‘n bord, gooi bietjie Griekse slaaisous oor.
Gooi bietjie swart peper oor.
Skep dan ‘n paar lepels Basil Pesto mayonnaise oor (mayonnaise gemeng met basil pesto na smaak)
Foto: Marian van Deventer
BILTONG EN SAMPIOEN SOP
BILTONG EN SAMPIOEN SOP
250 g biltong
60 g fyn biltongpoeier
1 pakkie versnipperde sampioene
125 g botter
250 ml koekmeel
1,5 liter beesvleisaftreksel
10 ml swartpeper
250 ml gerasperde Cheddar kaas
sout na smaak
500 ml melk
125 ml room Continue reading
BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES
BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES
Ek het sommer die pakkies stroganoff (strips) gekoop by pnp – gooi 40 gram van Freddy Hirsch se Barbecue SPECIAL vir elke 1 kg vleis en meng goed deur. Laat staan oornag en pak uit en droog (sommer met paperclips op my opslaan wasgoeddraad gehang met waaier – binne dag was hulle droog genoeg. Barbecue Special klink nie reg nie, maar dit het daai byt in. Freddie Hirsch het ook Hunters Chilli maar het dit nog nie probeer nie – dink dis dalk die heel sterke.
Resep: Barbara Mayer
ANNELISE SE BILTONGTERT
ANNELISE SE BILTONGTERT
Druk blaardeeg onder in bak Rasper kaas oor deeg, strooi fyn biltong poeier oor.
Klits 6 eiers, 250ml room, 250 ml maas- of roomkaas en 1 k melk saam.
Geur met sout en peper na smaak.
Gooi mengsel oor biltong.
Rasper weer bietjie kaas oor/ Bak by 180 vir 45min
Bron en Foto: Annelise Engelbrecht
CHRISNA SE BILTONG POT
CHRISNA SE BILTONG POT
Kook 1 pak macaroni tot al dente.
braai dan 1-2 gekapte uie, ‘n pakkie gesnyde mushrooms, 1 greenpepper en soms knoffel saam. Gooi als in swartpot bymekaar saam met 500g – 1kg klam, dun gesnyde biltong.
Meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met room, ons gebruik gewoonlik 500ml, en gooi by jou mengsel in die pot.
Laat prut so 15min, rasper kaas bo-oor en sit deksel op tot gesmelt. Nog meer lekker die volgende dag!
RESEP: Chrisna Church
FOTO: Su-Lette Louise Venter
NAMIBIA BILTONG
NAMIBIA BILTONG
My Biltong is gehang hoop dit is reg teen Vrydag om saam te neem na my sus toe in Durban. BEES en WILD biltong resep…
Hier is hoe ons al vir GENERASIES al hier in Nambia biltong maak, en DIT bly vir my persoonlik die HEEL LEKKERSTE…
Vir elke 1 kg Biltongvleis….die volgende mengsel speserye..
18 gram Sout
2 gram swart peper
1 gram Bruinsuiker
4 gram Koljander Continue reading
LEANNE SE BILTONG PASTA POT
LEANNE SE BILTONG PASTA POT
Braai tot bruin:
1 fyngekapte ui
¼ groen soetrissie, gekap
1 bakkie vars sampioene wat gesny is
1 teelepel fyngemaakte knoffel
1 eetlepel botter, vir braai
Kook ‘n halwe pak pasta skroewe in water tot sag. Meng uie mengsel met die pasta.
Meng by:
1 pakkie Spur kaassous
250 ml room
1 koppie gerasperde kaas
gemengde speserye na smaak
± 300 g klam biltong
Meng alles deurmekaar en bak in oond vir so 25 minute op 180°C.
Bron en Foto: Leanne Thurston Coetzer