

HENDRIK SE BILTONG TERT
Resep en foto: Hendrik Markgraaff
FOOD LOVERS RECIPES
1 rol skilferkorsdeeg
160 g klam biltong
1 koppie gerasperde kaas
250 ml room
2 ekstra groot eiers of 3 groot eiers
Verhit die oond tot 180ºC.
Rol die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en plaas die deeg in ‘n oondbak wat met kleefwerende kossproei gespuit is en maak die randte netjies. Moenie deeg rek nie anders krimp dit terug wanneer dit bak.
Strooi die biltong op die deeg en strooi die kaas bo-oor.
Klits die room en eiers saam en giet die mengsel oor die biltong en kaas.
Bak in die oond vir 35 – 40 minute teen 180ºC.
Verwyder die tert uit die oond en laat afkoel.
Bedien dit louwarm saam met ’n groen slaai.
Jy kan dit die aand voor die tyd maak en die oggend net so ‘n rukkie weer warm maak by 100ºC in die oond.







Oorgedra na nuwe blog. Saterdag, 28 September 2019.