PIKKIE SE WOESTYN BILTONG STOKKIES
1 kg rump steak gesny in dun repies
50 g Safari biltong speserye
1 teelepel fyn swart peper
40 g sagte bruinsuiker
Ongeveer 25 g (na smaak) koljander. Het heel koljander eers geskroei en toe fyn gemaak in die blender
1 koppie bruin asyn
knypie fyn sout (ongeveer ‘n ½ teelepel)
½ koppie Worcester sous
Nadat vleis in repies gesny is het ek hulle laat lê in die asyn en Worcester sous vir so 5 minute.
Daarna uitgehaal en so effens droog gemaak.
Ek het al my droë bestanddele gou weer deur die blender gesit om te meng – Safari speserye, sout, bruin suiker, koljander en swart peper.
Ek het al my repies vleis met die droë mengsel bestrooi en dit sommer so met my hande gemeng in ‘n bak.
Die bak met deksel is toe yskas toe vir ‘n paar uur. (ongeveer 5 ure)
Daarna weer met hande gemeng en opgehang in my droër.
My eerste stukkies biltong stokkies is gereed in minder as 24 uur.
Hierdie mengsel is vir ongeveer 1 kg vleis.
Resep geplaas deur Pikkie Langenhoven
Foto: Pikkie Langenhoven