SUIDWES BILTONG RESEP
Gebruik BEES of WILD silverside en Topside.
Sny die vleis in so 2 cm dik skywe.
Gooi nou die volgende speserye op vir elke 1 Kg vleis (biltong)
18 g sout
2 g swartpeper
4 g gebrande koljander
1 g bruin suiker Continue reading
Category Archives: Biltong Resepte/Recipes
COETZEE SE BILTONG
COETZEE SE BILTONG
Sny die vleis in so 25mm skywe
Sprinkel vleis met Worcestershire sous
Ek gebruik so 40-50 gram gemengde koljander, swart peper en sout. Koljander natuurlik die belangrikste, maar meng maar na jou eie smaak.
Ek toast die koljander vinnig in n pan voor ek dit maal.
Gooi speserye oor vleis en meng goed deur sodat alle vleis eweredig bedek is.
MAKLIKE BILTONG- OF MOSSELSOP
MAKLIKE BILTONG- OF MOSSELSOP
Hier is n maklike mosselsopresep waar jy die mossels net met biltong vervang.
Ek maak sommer uit my kop.
500 ml dun gesnyde biltong of 2 blikke mossels, olie afgegooi,
1 pakkie mushroomsoppoeier,
500ml room,
bietjie knoffel.
Continue reading
BILTONG POTJIE OP DIE STOOF
BILTONG POTJIE OP DIE STOOF
Kook macaroni tot gaar los eenkant
In n ander potjie
Vat room voeg gerasperde kaas by – ek het wit en geel kaas gemeng
Laat smelt saam room gooi melk by indien room te min lyk vir sous
Vat n chicken blokkie meng met klein bietjie warm water en gooi by roomkaas mengsel
Gooi tamato past ook by en gekerfte biltong (jou keuse hoeveel biltong) en voeg n pakkie kaassous by
Meng alles goed saam voeg alles by macaroni
Bedien op ‘n bun
BRON EN FOTO: Chemonei Gesiggie Korff
CHILI BILTONG EN KAAS BROOD
CHILI BILTONG EN KAAS BROOD
4koppies meel
330ml lou warm water
1 teelepel sout
2 teelepel suiker
1 en n halwe teelepel gis
Chili biltong bites in klein stukkies na smaak
Kaas na smaak
2 eetlepels margarien
Knie alles saam en laat rys vir n uur
Bak teen 180 vir 30-40 min afhangende van hoe donker jy korsie wil he
Bron en foto: Coetzee Neethling
PETRO SE BILTONG-EN SAMPIOENSOP
Pas hoeveelhede aan na wat vir jou werk.
2 pakke sampioene (wit is goed genoeg, maar as jy ryk voel, voeg van die fancy weergawes by) – sny op in skywe
1 groot ui – sny in blokkies
Braai sampioene en ui tot deurskynend
gekapte pietersielie en tiemie na smaak
1 knoffelvinger – maak fyn – voeg by en roerbraai net genoeg om nie te brand nie.
Blits alles tot fyn met ‘n “stick blender”.
1 hand vol dun gesnyde biltong, of poeier biltong – voeg by die mengsel Continue reading
DENZY’S BILTONG FETA AND AVOCADO SALAD
DENZY’S BILTONG FETA AND AVOCADO SALAD
INGREDIENTS
biltong
Avocado
Lettuce
Yellow & Redpepper
Fresh chives
Red onion
Feta
Cucumber
Tomatoes
Lemon thyme
Salad dressing of your choice
Salt & Pepper
METHOD
Cut up all veggies and mix it with biltong and feta,drizzle with salad dressing,finish of with lemon thyme and salt & pepper for taste.
PHOTO AND RECIPE: Denzel Koenana
SNOEK BILTONG
SNOEK BILTONG
As mens snoek biltong maak dan is dit gewoonlik n gesoute snoek ( gooi die snoek lekker dik toe onder growwe sout en laat le vir n uur spoel dan die sout af en hang dit op om af te droog ).
Maak dan n lekker sterk tou of n draad aan die snoek se stert vas en laat dit hang.
Ek probeer dit ook met n sosatie stokkie spalk sodat dit mooi oopgestrek is en ek hang n net om dit om vliee weg te hou.
Dit hang vir 1-2 weke dan kan jy begin eet aan die lekkerny.
Bron: Gideon Louw
WIM SE BILTONG RESEP
WIM SE BILTONG RESEP
Vleis 25 kg
Sout. 500 ml
Bruin suiker 225 ml
Salpeter. 12.5 ml
Koeksoda. 25 ml
Peper. 12.5 ml
Koljander. 400 ml
Skroei koljander.
In Plastiese houer
Sprinkel mengsel op bodem en pak eerste laag biltong daarop ; sprinkel nou mengsel bo-op biltong en sprinkel n bietjie asyn oor. Herhaal met elke laag. Laat staan oornag maar nie langer as 12 ure . Roer na 6 ure eenmaal om. Voor jy biltong ophang trek deur asynmengsel van n half bottel asyn / 5 l lou water
Bron: Wim Botha
BILTONG WIELE
BILTONG WIELE
Die manne vries daai rondevleis, of topsides sulke heel ronde stukke, en sny dit met n Polonie “slicer” dun skyfies, en dan in die speserye.
Bron: Stefaans Blaauw