

WIM SE BILTONG RESEP
25 Vleis
500 ml Sout
225 ml Bruinsuiker
12.5 ml Salpeter
25 ml Koeksoda
12.5 ml Peper
400 ml Koljander
Skroei koljander. Meng al die speserye saam.
In Plastiese houer meg die volgende:
Sprinkel mengsel op bodem en pak eerste laag biltongvleis daarop.
Sprinkel nou van die mengsel bo-op biltong en sprinkel ‘n bietjie asyn oor.
Herhaal met elke laag.
Laat staan oornag maar nie langer as 12 ure .
Roer na 6 ure eenmaal om.
Voor jy biltong ophang trek deur asynmengsel van ‘n half bottel asyn / 5 liter lou water, en hang op om droog te word.
Resep: Wim Botha







Regtig n lekker biltong resep. Ek kon glad nie salpeter kry nie. Ek het maar die kans gevat en dit uit gelos. (Oops) . Dit het nogsteeds lekker gewerk.