

BILTONG POTJIE OP DIE STOOF
Kook macaroni tot gaar los eenkant.
In ‘n ander potjie.
Vat room voeg gerasperde kaas by – ek het wit en geel kaas gemeng.
Laat smelt saam met die room, voeg melk by indien room te min lyk vir sous.
Vat ‘n hoenderblokkie, meng met klein bietjie warm water en voeg by die roomkaasmengsel.
Sit tamatiepasta ook by en gekerfte biltong (jou keuse hoeveel biltong) en voeg ‘n pakkie kaassous by.
Meng alles goed saam, en kook deur. Meng alles by macaroni.
Bedien op ‘n bun.
Resep en foto: Chemonei Gesiggie Korff






