ADRIAN SE HOENDER EN EIERVRUG LASAGNE PASTEI
Bestanddele:
3 hoenderborsies
2 middelgrootte eiervrugte
250g gemengde gevriesde groente
1 groot gekapte ui
2 fyngekapte knoffeltoontjies
1 teelepel gedroogte oreganum
Sout en peper na smaak
*Lui huisvrou degie volgens resep. (sien link hieronder)
Metode:
Kook of stoom die hoenderborsies gaar, haal van die been af en breek of sny dit in stukkies. Hou die hoenderaftreksel eenkant. Sny die eiervrugte in skywe en mikrogolf vir 5 minute op 100% krag en hou eenkant. Braai die gekapte ui in bietjie olie in ‘n kastrol tot deurskynend en voeg die knoffel by. Braai nog vir 1 minuut. Voeg die hoenderstukkies by en roer deurmekaar. Voeg bietjie van die hoenderaftreksel, oreganum, sout en peper by en laat prut tot die vloeistof verminder. Voeg die gemengde groente by saam met nog ‘n bietjie van die aftreksel en prut nog ‘n rukkie om die vloeistof te laat verminder.
Skep ‘n laag van die hoendermengsel in ‘n oondbak en plaas ‘n laag eiervrugskywe daaroor. Volg op met die res van die hoender en eindig met nog ‘n laag eiervrug. Giet die sagte degie se beslag bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die bokant mooi goudbruin is.
*Sagte degie: https://www.foodloversrecipes.com/…/die-lui-huisvrou-pastei…/
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete.