

Pas hoeveelhede aan na wat vir jou werk.
2 pakke sampioene (wit is goed genoeg, maar as jy ryk voel, voeg van die fancy weergawes by) – sny op in skywe
1 groot ui – sny in blokkies
Braai sampioene en ui tot deurskynend
gekapte pietersielie en tiemie na smaak
1 knoffelvinger – maak fyn – voeg by en roerbraai net genoeg om nie te brand nie.
Blits alles tot fyn met ‘n “stick blender”.
1 hand vol dun gesnyde biltong, of poeier biltong – voeg by die mengsel
Voeg melk of mengsel van melk en room by en prut om die biltong smaak in te kry.
Proe of daar ekstra sout nodig is (biltong mag dit baie sout maak). Peper en neutmuskaat na smaak.
– Opsioneel:-
Jy kan van die sampioenmengsel uitskep voor jy dit fyn maak en dit dan weer byvoeg net voor die sop bedien word as jy van ‘n sop met meer tekstuur hou.
Afhangend van hoeveel sampioene jy het, kan dit dik genoeg wees sonder om dit met meel te verdik voor jy dit blits. (1 – 2 eetlepels meel ingemeng en bietjie geroerbraai saam met sampioen mengsel). Ek gebruik genoeg sampioene om dit onnodig te maak.
Strooi bietjie gekerfde biltong bo oor vir die mooi
My sop was op voor ek kon foto’s neem.
RESEP: Petro Borchard






