

ANNELISE SE BILTONGTERT
Bron en foto: Annelise Engelbrecht
FOOD LOVERS RECIPES
Wil net gou n baie lekker en maklike biltongtert resep met julle deel. die bron is n vriendin.
Plaas blaardeeg onder in ‘n oondbak om ‘n kors te vorm.
Rasper kaas oor deeg en strooi fyn biltong poeier oor die kaas na smaak.
Klits saam:
6 eiers
250 ml room
250 ml maas- of roomkaas
1 koppie melk
Geur die eiermengsel met sout en peper na smaak.
Giet die mengsel oor die biltong.
Rasper weer bietjie kaas oor.
Bak by 180°C vir 45 min.






