HACHEE
Nog ‘n algemene Nederlandse resep
Bestanddele:
500 g uie
80 g vet of botter
300g bees kookvleis, klein blokkies gesny
2 – 3 loerierblare
2 – 3 naeltjies
600 ml water en 2 beesvleis blokkies
2 eetlepels asyn
sout na smaak
30 g meel
Metode:
Skil die uie, sny dit fyn en braai dit in die botter.
Voeg die vleis by, asook die kruie, die water met blokkies, asyn en sout.
Bring die mengsel tot by kookpunt en laat stadig prut tot die vleis gaar en sag is (1 – 2 ure)
Verwyder die loerierblare en naeltjies
Bind die sous met die aangemaakte meel (skep bietjie sous uit, meng met die meel en plaas terug in die pot)
Bron: Oma’s receptenboek
Verskaf deur: Barbara Vermeulen