1

PIKKIE SE WOESTYN BILTONG STOKKIES


PIKKIE SE WOESTYN BILTONG STOKKIES
1 kg rump steak gesny in dun repies
50 g Safari biltong speserye
1 teelepel fyn swart peper
40 g sagte bruinsuiker
Ongeveer 25 g (na smaak) koljander. Het heel koljander eers geskroei en toe fyn gemaak in die blender
1 koppie bruin asyn
knypie fyn sout (ongeveer ‘n ½ teelepel)
½ koppie Worcester sous

Nadat vleis in repies gesny is het ek hulle laat lê in die asyn en Worcester sous vir so 5 minute.
Daarna uitgehaal en so effens droog gemaak.
Ek het al my droë bestanddele gou weer deur die blender gesit om te meng – Safari speserye, sout, bruin suiker, koljander en swart peper.
Ek het al my repies vleis met die droë mengsel bestrooi en dit sommer so met my hande gemeng in ‘n bak.
Die bak met deksel is toe yskas toe vir ‘n paar uur. (ongeveer 5 ure)
Daarna weer met hande gemeng en opgehang in my droër.
My eerste stukkies biltong stokkies is gereed in minder as 24 uur.
Hierdie mengsel is vir ongeveer 1 kg vleis.
Resep geplaas deur Pikkie Langenhoven
Foto: Pikkie Langenhoven




HENDRIK SE BILTONG TERT


HENDRIK SE BILTONG TERT
1 rol puff pastry (Skilferkorsdeeg)
160 g klam biltong
1 koppie gerasperde kaas
250 ml room
2 ekstra groot eiers (of 3 groot eiers)

Verhit oond tot 180ºC.
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Plaas dit in jou oondbak (spuit met spray en cook), moenie deeg rek nie (dit krimp terug as dit bak)
Maak die randte van die bak netjies.
Strooi die biltong op die bodem in die kors.
Strooi kaas bo-oor.
Klits room en eiers saam. Gooi mengsel oor biltong en kaas.
Bak in oond vir 35-40 minute teen 180ºC. Haal uit en laat afkoel.
Bedien dit louwarm op saam met ’n groen slaai.
Jy kan dit die aand voor die tyd maak. Die oggend en net so ‘n rukkie weer warm maak 100ºC.
Resep en Foto: Hendrik Markgraaff




GIDEON SE BILTONG


GIDEON SE BILTONG
Ek het by my plaaslike supermark vir my beesvleis gekoop, dit was twee snitte waarvan die meeste topside was.
Per een kg vleis het ek gebruik:
1 gram bruinsuiker (gebruik meer of minder na smaak)
20 gram gemaalde growwe sout
Freddie Hirsch se biltong speserye (volgens etiket aanwysings)
1 koppie koljander ingewerk
1 koppie bruinasyn gemeng met 2 koppies woestersous (in ‘n spuitbottel)

Sny die vleis in ongeveer 20 tot 25 mm dik plat snye.
In plastiekbak wat groot genoeg is, sprinkel ‘n bietjie van die gemengde speserye en sprinkel ook asyn mengsel gevolg deur ‘n laag vleis wat styf teen mekaar gepak is.
Sprinkel dan weer speserye en spuit asyn mengsel en gaan so aan tot die vleis op is.

Laat staan die vleis vir 24 uur in ‘n koelkas en draai dit dan om en laat staan vir nog 24 uur.
Ek het van nuwe 1 millimeter dik draad vir my hakkies gemaak en die vleis daaraan gehak en vir 4 dae onder ‘n groot ceiling fan in my garage laat hang en siedaar.

Nota: ‘n Mens kry nie taai biltong nie, maar stomp messe. As jou mes skerp is is die biltong lekker.
Foto en resep: Gideon Louw




BILTONG SLAAI MET BASIELIEKRUID SOUS

BILTONG SLAAI MET BASIELIEKRUID SOUS
pak Asian slaai
1/4 komkommer
15 klein coctail tamaties
halwe blok Kasselhoop cheddar with fruitcake mix, opgesny
2 hande vol nat biltong

Rangskik op ‘n bord, gooi bietjie Griekse slaaisous oor.
Gooi bietjie swart peper oor.
Skep dan ‘n paar lepels Basil Pesto mayonnaise oor (mayonnaise gemeng met basil pesto na smaak)
Foto: Marian van Deventer




BILTONG EN SAMPIOEN SOP

BILTONG EN SAMPIOEN SOP
250 g biltong
60 g fyn biltongpoeier
1 pakkie versnipperde sampioene
125 g botter
250 ml koekmeel
1,5 liter beesvleisaftreksel
10 ml swartpeper
250 ml gerasperde Cheddar kaas
sout na smaak
500 ml melk
125 ml room

Braai sampioene in die botter vir 7 min. Voeg die beesvleisaftreksel by. Meng koekmeel, melk en room saam. Voeg by die sampioene en roer aanhoudend oor magtige hitte tot mengsel gaar is.
Voeg die kaas, biltong, sout en peper by.
Roer deur en bedien, garneer met bietjie fyn biltong en gekapte pietersielie
Resep en foto: Karin Britz




BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES

BARBARA SE STROGANOFF CHILLI BITES

Ek het sommer die pakkies stroganoff (strips) gekoop by pnp – gooi 40 gram van Freddy Hirsch se Barbecue SPECIAL vir elke 1 kg vleis en meng goed deur. Laat staan oornag en pak uit en droog (sommer met paperclips op my opslaan wasgoeddraad gehang met waaier – binne dag was hulle droog genoeg. Barbecue Special klink nie reg nie, maar dit het daai byt in. Freddie Hirsch het ook Hunters Chilli maar het dit nog nie probeer nie – dink dis dalk die heel sterke.
Resep: Barbara Mayer




ANNELISE SE BILTONGTERT

ANNELISE SE BILTONGTERT

Druk blaardeeg onder in bak Rasper kaas oor deeg, strooi fyn biltong poeier oor.
Klits 6 eiers, 250ml room, 250 ml maas- of roomkaas en 1 k melk saam.
Geur met sout en peper na smaak.
Gooi mengsel oor biltong.
Rasper weer bietjie kaas oor/ Bak by 180 vir 45min

Bron en Foto: Annelise Engelbrecht




CHRISNA SE BILTONG POT

biltong-pot-su-lette-regtested
CHRISNA SE BILTONG POT

Kook 1 pak macaroni tot al dente.
braai dan 1-2 gekapte uie, ‘n pakkie gesnyde mushrooms, 1 greenpepper en soms knoffel saam. Gooi als in swartpot bymekaar saam met 500g – 1kg klam, dun gesnyde biltong.
Meng ‘n pakkie wit uiesoppoeier met room, ons gebruik gewoonlik 500ml, en gooi by jou mengsel in die pot.
Laat prut so 15min, rasper kaas bo-oor en sit deksel op tot gesmelt. Nog meer lekker die volgende dag!

RESEP:  Chrisna Church
FOTO:  Su-Lette Louise Venter




NAMIBIA BILTONG

mariska-se-biltongmariska se namibia biltong
NAMIBIA BILTONG
My Biltong is gehang hoop dit is reg teen Vrydag om saam te neem na my sus toe in Durban. BEES en WILD biltong resep…
Hier is hoe ons al vir GENERASIES al hier in Nambia biltong maak, en DIT bly vir my persoonlik die HEEL LEKKERSTE…
Vir elke 1 kg Biltongvleis….die volgende mengsel speserye..
18 gram Sout
2 gram swart peper
1 gram Bruinsuiker
4 gram Koljander
Sprinkel die biltongvleis so met woesestersous, terwyl dit speserye gegooi word…
Laat le 12 ure, en roer weer goed deur…hang na nog 12 ure uit in n goed geventileerde vertrek, of voor n waaier…
of in n Biltong kas…SONDER WARM LUG..!!!
Beef Biltong and Game Biltong
This is how we made Biltong here in Namibia for generations and it still is the number ONE recipe for ME..
For every 1kg biltong – mix the following spice
18 gram salt
2 gram black pepper
1 gram brown sugar
4 gram coriander coarse
Sprinkle biltong with spice mix and Worchester sauce alternatively …
Let it rest for 12 hours and mix well again, let it rest for another 12 hours and hang in well ventilated room or infront of the fan, or in a Biltong Cabinet

FOTO EN RESEP GEPLAAS DEUR:  Mariska Louw
Foto van gekerfde biltong:  Madelein Brinklow




LEANNE SE BILTONG PASTA POT

biltong pastatested

LEANNE SE BILTONG PASTA POT

Braai tot bruin:
1 fyngekapte ui
¼ groen soetrissie, gekap
1 bakkie vars sampioene wat gesny is
1 teelepel fyngemaakte knoffel
1 eetlepel botter, vir braai

Kook ‘n halwe pak pasta skroewe in water tot sag. Meng uie mengsel met die pasta.

Meng by:
1 pakkie Spur kaassous
250 ml room
1 koppie gerasperde kaas
gemengde speserye na smaak
± 300 g klam biltong

Meng alles deurmekaar en bak in oond vir so 25 minute op 180°C.
Bron en Foto: Leanne Thurston Coetzer