TUNATERT MET BROOD

tunatert annelisetested

 TUNATERT MET BROOD
2 uie
1 koppie melk
4 – 6 snye brood
2 blikkies tuna wat in olie is
1 koppie gerasperde kaas
pietersielie
blatjang
tamatiesous
4 geklitste eiers
sout en peper na smaak
ekstra gerasperde kaas
Braai die uie.
Week die brood in die melk. Roer dat dit soos n “pap” lyk.
Voeg die uie, tuna plus die olie in die blikkie, kaas, pietersielie, blatjang, tamatiesous en geklitste eiers by.
Roer goed deur.
Skep in gesmeerde oondbak, strooi ekstra kaas oor.
Bak tot styf/gestol by 180ºC.  Sny in klein blokkies. bedien warm of koud.

Resep: Nada Duplessis Bloem

4 eiers
60 ml mayonnaise
250 ml melk
30 ml blatjang
4 snye witbrood (korsies af)
2 blikkies tuna
gerasperde ui
pietersielie
sout en peper
Week brood in melk en voeg res van die bestanddele by. Meng goed. Skep in voorbereide oondbak en rasper kaas oor.
Bak by 180ºC vir 30 min.

Resep:  Annelise Engelbrecht




MINI NIERTJIE QUICHES

2014-06-22-niertjiequichestested

MINI NIERTJIE QUICHES

Vir die kors het ek my geen gis deeg gebruik wat op die blog is.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/01/geen-gis-pizza-deeg/
Ek het 4 niertjies baie klein blokkies opgesny en ‘n ui fyn gekerf. Die ui gebraai in olyfolie tot net deurskynend en toe die niertjies bygevoeg.
 By dit het ek bietjie growwe sout en tee telepels cumin gevoeg en vir so 5 minute geroerbraai en toe 2 eetlepels tamatiepasta bygeroer, dit bedek en liggies geprut vir nog 5 minute.

Intussen het ek 250ml melk en joghurt gemeng en 2 eiers daarby geklits. By dit het ek ‘n pakkie Potato bake deeglik ingeroer. Laastens het ek die pannetjies met die deeg uitgevoer, die niertjie vulsel ingeskep en dit met die melkmengsel bedek en by180ºC gebak vir 30 minute.

Nota: Vir die 12 tertjies het daar van die niertjies en die melkmengsel oorgebly.

Bron en foto:  Adam Cloete




VINNIGE SOUTTERT

 

tested

VINNIGE SOUTTERT
2 pakkies bacon gesny
2 blikkies boelibeef fyngemak
375 ml kaas chedder
1 ui fyb gekap
5 ml pietersielie
15 ml chutney
35 ml koekmeel
peper
250 ml melk.
Spuit bak met apray en cook meng alles saam .gooi in bak ,bak vir 45 min op 180 tot bruin. hoop dIt help

Resep: Tertia Cassell souttert




ALICE SE SOUTTERT

2014-06-20-alicesesoutterttested

ALICE SE SOUTTERT
Ons eet vanaand net ‘n lekker souttert wat vullend is saam met slaai! Dit het heerlik uit gekom. As iemand die resep wil he hier is hy.
9 sny brood in blokkies gesny
500 ml melk
6 eiers
1 koppie koue vleis (ek het ‘n halwe blikke Bully beef en 4 vieinnas van die in ‘n blik in gerasper)
2 koppies gerasperde kaas
60 g gesmelte botter/margarien
1 ui rou en fyn gesny
bietjie pietersielie
1 teelepels mosterdpoeier
sout en peper na smaak

Laat die brood in die melk week en druk dit fyn. Klits die eiers goed en meng alles saam.
Skep in ‘n gespuite oondbak en bak vir 30 minute op 180ºC.
Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie




BILTONG SOUTTERT

BILTONG SOUTTERT
250 g cheddarkaas, gerasper
150 g gesnyde biltong
4 eiers
375 ml room
Oond op 180°C, klits eiers en meng alles saam. Skep in gesmeerde tertbak en bak vir ongeveer 40 minute. Sit voor met slaai.
Resep:  Andre Beth Howell Vogel

Biltong tert
3 eiers
2 koppies gerasperende kaas
2-3 fyn gekerfde biltong
500 ml room
Lê pirax bak uit met puffed pastry, strooi biltong en kaas in bo oor die pastry. Klits eiers en room saam en strooi oor biltong mengsel.
Bak in oond vir plus minus 50 min. Heerlik saam met mengelslaai

Resep: Naomi De Bruin




SOUT KAASTERT

2014-06-10-soutkaastert

SOUT KAASTERT
Oond 180 gr C.
Meng alle bestanddele saam:
1 kg cheddarkaas, gerasper,
6 groot, geklitste eiers,
1 pak bacon, gekap,
1 klein hamrol, gerasper,
2 E worcestersous,
2 E gekapte pietersielie
En sout en peper.

Skep in groot, diep gesmeerde tertbak en bak vir 40-50 minute tot gaar en goudbruin.

N.S…Kyk net na die kommetaar oor die tert asb…..dit is net onder aan die bladsy.




SOUTTERT MET MAALVLEIS

SOUTTERT MET MAALVLEIS
Resep geplaas deur Cornelia Myburgh
Foto: Stien Rust
FOOD LOVERS RECIPES

250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knypie sout
60 ml botter
1 eier
15 ml kookolie
250 g maalvleis
10 ml kookolie
250 ml melk
2 eiers
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 ui, grof gerasper
25 ml pietersielie
25 ml mayonaise
5 ml sout

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in tot goed gemeng.
Klits eier en olie saam en voeg by. Meng tot ‘n deeg. Voer tertbak uit.
Braai maalvleis tot gaar. Klits melk en eiers saam.
Voeg vleis en res van bestanddele saam en meng.
Giet in tertdop en bak 25 – 30 min. By 200°C.

Stien Rust – Ek het 500 g maalvleis gebruik en so ‘n lekker handvol oats bygesit. Sal dalk net volgende keer vir my ‘n stewiger deeg soek.




VARKWORS EN BACON QUICHE

2014-05-24-varkworsenbaconquichetested

VARKWORS EN BACON QUICHE

Ai tog. Wat veronderstel was om ‘n Varkwors en Bacon Quiche te wees, word toe weer ‘n Varkwors en Moerbei Quiche!!
Ek moes die uitgeskepte skyf toe oopkrap sodat julle kan sien daar is varkworsies in.
Vir die kors het ek my veeldoelige Geen Gis Pizzadeeg wat op die blog is gebruik .
http://www.foodloversrecipes.com/2014/01/geen-gis-pizza-deeg/
Ek het varkworsies pangebraai en toe in die lengte deurgesny en waaiergewys op die deeg gepak. Toe is die bak klaar vol maar toe pak ek nog stroke soetrissie tussen die worsies (want dit moet mos mooi lyk) en strooi ek gaar bacon en sampioene nou so tussen hierdie spul deur. Nog nie genoeg nie, besluit ek daar moet nou nog groen ontpitte olywe ook bykom.
Die vla is basies:
200ml room
100ml melk
2 eiers
en 1 pakkie potato bake deurmekaar geklits

Toe ek dit nou oor die spul sit wil, wil dit net oorloop, maar daar MOET nog kaas ook oorgestrooi word. Maar dis oond toe vir 35 minute teen 180ºC sonder dat ‘n druppel gemors het. Al die mooi het toe natuurlik onder die vla in verdwyn, maar dit was lekker!!
BRON- Adam Cloete




TAMATIE TERT MET FILO

2014-05-10-tamatietertmetfilotested

TAMATIE TERT MET FILO
4 velle filo deeg
50 g botter
2 ekstra groot eiers
2 tamaties in skywe
125 ml suur room
1 t suiker
peper
6 anjovis filette
50 g feta kaas
50 g blou kaas gekrummel

Smeer filo velle met botter en voer 20 cm bak daarmee uit, laat die velle oor die bak hang. Meng eiers, room anjovis en kase. Pak tamatieskywe in die bak.Strooi suiker en peper oor. Gooi vulsel in. Vou die oorhangende deeg bo-oor en verf met gesmelte botter. Bak 25 – 30 min by 180 gr. Moet nie sout byvoeg nie die vissies en kaas het genoeg sout in.
BRON- Martie Fourie Moolman




ANDERSE TUNATERT

tuna terttested

ANDERSE TUNATERT
Resep geplaas deur Maureen Jansen van Rensburg
Foto:   Adri Van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Vriendin van my het eendag hierdie anderste Tuna tert gemaak en het my so ooreet aan hierdie tert dat ek eintlik siek was. Ek deel graag haar resep met julle.
4 teelepels Gelatien of 1 koevertjie
1 pakkie suurlemoenjellie
375 ml kookwater
1 pakkie Tuc beskuitjies
1 koppie Cross and blackwell mayonnaise
1 klein gerasperde ui
3 gekookte eiers (gerasper)
2 blikkie tuna (water gedreineer)
Pietersielie en aromat na smaak (opsioneel)
Meng gelatien, jellie met die kookwater, en laat dit afkoel. Meng nou die res van die bestanddele saam behalwe die tuc beskuitjies. Smeer tertbak en pak jou tuc beskuitjies daarin (kors), voeg die jelliemengsel by die vismengsel en roer goed deur. Skep op die beskuitjies. Sit is yskas om te stol.
Nota:  Adri van Zyl: Ek het nog n sirkel Feta kaas ook ingekrummel en dit was baie lekker!