
GEROOKTE SNOEK PASTEI
Ek het nog nooit so iets gemaak nie, maar net besluit dis wat ek alles in my pastei wil sit, so die hoeveelhede is min of meer, kyk maar soos julle aangaan.
1 uie, gekap
1 teelepel fyn knoffel
+- 350 – 450 g gerookte snoek, gevlok
1 – 2 aartappels, geskil en blokkies gesny
+- 200 ml vars room
1 pakkie wit uiesoppoeier
2 eetlepels suurroom
1 pak skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
vars pietersielie, gekap
growwe swartpeper, na smaak
wit Gouda of Mozzarella en Cheddar kaas, gerasper en gemeng
paprika
Braai die ui en knoffel in ‘n pot op die stoof met bietjie olie.
Voeg die snoek by en braai saam sodat die geure goed kan meng.
Kook intussen die aartappelblokkies in bietjie water in ‘n pot tot dit lekker sag is en plaas eenkant.
Maak ‘n sous van die room, soppoeier en suurroom, meng totdat al die sop opgelos is.
Voeg die sous/sopmengsel by die snoek en uie in die pot en kook vir so 5 – 10 min. Die mengsel sal bietjie taai lyk (Soos waarmee mens viskoekies maak). Continue reading











