VINNIGE HOENDER PASTEI MET GAAR HOENDER
1 gaar draaispithoender
1 groot ui, gekap
2 – 3 repe spekvleis
250 g sampioene
500 ml klaar bereide witsous (ek vat somer 2 pakke Knorr witsous)
Kors:
1 pak bevrore skilferkorsdeeg ontdooi
Continue reading
Category Archives: Pasteie en Pasteitjies / Pies Large and Small
GIDEON SE HEERLIKE DRAAIROL



GIDEON SE HEERLIKE DRAAIROL
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie botter
¾ koppie melk
VULSEL
320 g gesnipperde weense worsies
250 g kaas, wat gerasper is (cheddar) saam sous van worsies
2 eetlepels gekapte ui Continue reading
WILDSPASTEI A LA BENHET


WILDSPASTEI A LA BENHET
Ek het net wildsvleis en bietjie varkvleis saam gekook tot sag in water met sout, peper en worcestersous. Kan uie bysit indien verkies.
Wanneer die vleis sag is, roer ‘n pakkie minestone soppoeier by.
Maak die “lui huis vrou” degie vir bo en onder.
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
½ koppie melk
½ koppie kookolie
2 eiers
Meng al die bestanddele tot ‘n gladde deeg skep die helfte onder in ‘n gemeerde bak!
Dan lekker souserige vleisop die deeg en skep die res van die deeg bo-oo.
Bak 30 min by 180ºC tot deur gaar en mooi verkleur.
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
PASTEIDEEG
HEERLIKE SPINASIE- EN SPEKPASTEI


NICOLETTE SE “OORSKIET” PASTEITJIES
KERRIEVIS EN GROENTE TERTJIES
MAKLIKE VLEISPASTEITJIES
1 pak puff pastry so effens uitgerol en die vulsel is 1 pak boerewors uit die derm gehaal en ½ pakkie maalvleis en dan geur jy die vleis so bietjie met Ina Paarman Meatspice en paar skote worcestershire sous en ½ koppie kaas.
Meng alles lekker deur met jou hande en maak worsrolletjies met die deeg en vleis.
Bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30min.
Resep en foto: Naudéa Visser
RUSTIC HOENDER EN BACON PASTEITJIE
RUSTIC HOENDER EN BACON PASTEITJIE
Alles wat ek maak is “rustic”, want ek is ‘n wille kok!
Braai bacon saam met roosmaryn en knoffel, pluis hoender en meng met gaar bacon, twee hoenderborsies is genoeg vir 12 muffin pasteitjies. Voeg swartpeper en geurmiddels na smaak by. Sprinkel omtrent twee eetlepels meel oor, meng met hoender, gooi bietjie melk by, bring tot kookpunt, roer deur en verwyder van hitte. Ek het een rol puff pastry gebruik, uitgerol en vierkante gesny (10,5 x 10,5cm). Ek het vierkantige marg bakkie gebruik om dit af te druk. Plaas in muffinholtes, sit vulsel in, maak puntjies van deeg nat met water en druk effens toe. Bak plus/minus 20 – 25 min op 190grC
BRON- Louise Groenewald
LOUISE SE MONSTER WORSROLLETJIES


LOUISE SE MONSTER WORSROLLETJIES
Resep en foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
My monster sausage rolls. Nie die mooiste wat ek al gesien het nie, maar dit het heerlik uitgekom.
Gebruik winkeldeeg of rolle.
500 g lean beef mince
500 g varkworsies, uit velletjies gedruk
10 ml fyn konjander
5 ml fyn naeltjies
bietjie Aromat
bietjie witpeper
5 ml Worcestersous
Ek het dit in my voedselverwerker gemeng.
Jy sal 10 op hierdie hoeveelheid kan uitkry.
Ek het 7 uitgekry, maar dit was baie groot.
Bak 35 min. 200ºC.







