
BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES
125 ml rou rys
200 ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15 ml botter
300 g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30 ml gekapte pietersielie
45 ml gekapte uie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml suurlemoensap
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
250 g gekoopte, onversoete brosdeeg
1 eier, geklits Continue reading
Category Archives: Pasteie en Pasteitjies / Pies Large and Small
MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI


MARCEL SE BEESVLEISBLOKKIE PASTEI
Skilfer kors:
500 g ongesoute botter
500 g koekmeel
250 ml sodawater
15 ml brandewyn of suurlemoensap
Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ‘n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ‘n meelbestrooide oppervlak uitrol.
Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af.
Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg na elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly. Rol uit en sit bo-oor jou vulsel.
Bak 1ste 10 min so op 200 ºC en dan 20-30 min op 180 ºC.
VULSEL
Vulsel is sommer beesblokkies (500 g) wat ek lank en stadig gekook het in blokkie hoender stock, wortel en seldery bygesit, droë tiemie, roosmaryn , braaivleis speserye, en titseltjie cumin, later eers aartappel bygesit en gekook tot alles sag en gaar was – die vulsel was heerlik!!
Marcel-Rounel Siecker
MAALVLEISPASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE


MAALVLEISPASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE
Vulsel:
1 kg maalvleis
500 ml koue water
250 ml sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
1 ml peper
Kors:
1 eier
125 ml melk
125 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Continue reading

