

MAALVLEISPASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE
Vulsel:
1 kg maalvleis
500 ml koue water
250 ml sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
1 ml peper
Kors:
1 eier
125 ml melk
125 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Plaas die bestanddele vir die vulsel in ‘n kastrol en roer met ‘n groot vurk tot alles gemeng is.
Verhit die mengsel tot kookpunt, roer gereeld en kook 5 minute tot mengsel nie meer pienk is nie, maar steeds souserig. Skep die vulsel in ‘n oondvaste bak, groot genoeg vir die oondjie en plaas dit eenkant.
Maak intussen die kors aan. Klits die eier, olie en melk saam in ‘n beker. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak, voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed deur. Skep die korsbeslag oor die warm vleisvulsel en smeer die deeg gelyk tot die vleis bedek is. Bak die pastei vir ongeveer 30 minute teen 180ºC in die konveksie-oondjie.
Nota:
Ek het helfte van die vulsel gebruik en die hele korsbeslag en dit vir 15 minute in die konveksie-oond gebak.
Resep getoets: Frieda Greyling
Foto: Rina Kleinhans – Ek het so 3 koppies gaar lamsvleis gehad van ‘n boud wat ek gemaak het en dit sommer gebruik.
1 uie gekerf en gebraai in bietjie olyfolie, die blokkies vleis bygesit, saam met 1 eetlepel tamatie pasta, half koppie ertjies, bietjie water en 1 klein worteltjie gerasper. Dit net gekook tot alles sag was, en die sous dikker gemaak met 1 eetlepel bruinuie soppoeier en 1 eetlepel Bisto aangemaak met bietjie water. Deur gekook tot verdik. Proe maar vir smaak en sit bietjie kruie by indien nodig.
Skep in ‘n oond bak van ongeveer 17 x 26 cm. Sit eenkant en maak die volgende resep se kors deeg aan. Skep bo-oor die vleismengsel, sprinkel bietjie pietersielie oor en bak soos die resep aandui.
One thought on “MAALVLEISPASTEI IN KONVEKSIE-OONDJIE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done