NICOLETTE SE “OORSKIET” PASTEITJIES
My man is’n groot braaier wat nie lekker verstaan van ‘portion control’ nie, so daar is permanent vleis oor. Hierdie pasteitjies het ‘n mengsel van steak, ‘pulled pork’ en sommer ook fyn gesnyde beesrib. Ek hou maar altyd die hoender op sy eie. Dan het ek ‘n pak gevriesde groente (die fyngesnyde blokkies – in SA kry jy dit klaar gekook in ‘n blikke maar nie hier in die UK nie) opgekook en dit saam met die vleis en ‘n blikkie sampioensop gemeng. Vir hoender pasteitjies gebruik ek hoenderroomsop. In SA het ek altyd die pakkies sop met so die helfte van die vloeistof aangemaak en dan ook melk gebruik om dit bietjie meer romerig te maak.
As hy die soppoeier gebruik het jy geen sout nodig nie, maar as jy van die blikkies sop gebruik dan is dit jou keuse wat jy alles wil bysit vir ‘n lekker smakie. Hoeveelhede is nou moeilik om te sê – so 50/50 vleis en groente en genoeg sop om dit lekker souserig te maak? Dan is dit in die gekoopte deeg, skep in om hom lekker vol te maak, ek smeer die ‘doppie’ se rand met ‘n bietjie water en druk hom lekker vas en in die oond by 200 celsius vir so 20 – 30 min. Dan is dit afkoel tyd en in tinfoelie vir die vrieskas. Om twee porsie ‘pies’ te maak, gebruik die langwerpige foelie houers en sit net die karton dekseltjie op. Lekker vir daai Saterdagmiddag in die mikro druk.
Lekker dag julle xx Nicolette Fick








