netvet
1 skaap of lamslewer
1 ui
1 sny brood
knypie fyn naeltjies
raspertjie neutmuskaat
sout en peper
Laat lê die netvet in sterk warm water. Droog af. Sny netvet in 6 cm stukkies.
Maal die lewer en ui, brood speserye sout en peper. Skep lepelsvol gegeurde lewer op die netvet stukkies. Rol op.
As jy dit oorgevou het sal daar ‘n dik klomp vet aan die eenkant wees. Dit braai alles uit met die braai en die lekkerte bly oor.
Braai die skilpadjies stadig op die vuur of in ‘n dikboompan op die stoof.
FOTO- Martie Fourie Moolman
Geskuif