

WILDSPASTEI A LA BENHET
Ek het net wildsvleis en bietjie varkvleis saam gekook tot sag in water met sout, peper en worcestersous. Kan uie bysit indien verkies.
Wanneer die vleis sag is, roer ‘n pakkie minestone soppoeier by.
Maak die “lui huis vrou” degie vir bo en onder.
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
½ koppie melk
½ koppie kookolie
2 eiers
Meng al die bestanddele tot ‘n gladde deeg skep die helfte onder in ‘n gemeerde bak!
Dan lekker souserige vleisop die deeg en skep die res van die deeg bo-oo.
Bak 30 min by 180ºC tot deur gaar en mooi verkleur.
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis







Vries lekker! Ek maak gewoontlik oond bakke vol en sny in blokke as afgekoel en vries!