
HUISHOUDELIKE WENKE
Kookolie
Sit bietjie sout in die braaipan by die olie om te keer dat die vetspat.
Sny die onderste deel van ‘n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.
Kastrol
As jy aangebrande kos vinnig uit ‘n kastrol wil verwyder, kan jy dit vul met kookwater waarby twee eetlepels sout gevoeg is.
Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ‘n pot. Maak klam met ‘n bietjie water en skrop.
Verwyder die bruin aanpaksel met ‘n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.
Noedels
Noedels kan goed gevries word en dan in kookwater ontvries word – Dit is ‘n vinnige proses.
Kook macaroni in melk pleks van water. Dit is heerlik, maar pas op dat dit nie aanbrand nie.
Room
Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by.
Om vinnig suurroom te maak – neem vars room en voeg ‘n bietjie karringmelk by of suurlemoensap
by. Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.
Voeg ‘n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop.
Voeg ‘n 2ml suurlemoensap by room om dit baie gouer mooi styf te klop.
Roomys
Sit ‘n klein marshmellow onder in ‘n roomyskelkie. Dit sal verhoed dat die kelkie lek.
Rys
Kook rys in melk pleks van water. Dit is heerlik, maar pas op dat dit nie aanbrand nie.
Om rys los en wit te hou wanneer dit gekook word, voeg ‘n bietie suurlemoensap by.






