VIS- EN AARTAPPELKOEKIES
1 kg stokvis (heeltemal ontdooi indien gevries)
3 groot aartappels (plus botter en bietjie melk – soos vir mash)
1 Eetlepel Ina Paarman’s Potato seasoning
1 groot ui, gerasper OF bossie spring onions, gekap OF Chives
Pietersielie na smaak, fyngekap
Knippie VARS tiemie – Suurlemoentiemie werk lekker
5 ml vars gekapte knoffel
10 ml Suurlemoensap
2 teelepels bakpoeier
2 geklitste eiers (Large, nie Xtra large of Jumbo nie)
Meel om viskoekies in te rol.
Plaas die stokvis in ‘n bietjie melk, voeg sout en peper by. Bring tot kookpunt, kook slegs ‘n minuut of twee, skakel plaat af en laat staan die vis vir 20 minute. Verwyder en plaas in mengbak, vlok liggies.
Kook die aartappels, maak fyn en voeg bietjie botter en melk (uit pot) asook die Potato seasoning by. Roer die eier en bakpoeier by die aartappelmengsel. Voeg die ui, pietersielie, tiemie, knoffel en suurlemoensap by. Meng die aartappelmengsel en die vis. Maak viskoekies. Kleiner koekies is makliker om te hanteer, die beslag is redelik sag. Rol in meel en bak in vlak olie tot bruin, omtrent 3 minute aan elke kant. Draai net een keer om, moenie oorhaastig wees nie, die koekies raak stewiger na’n rukkie. Gebruik ’n eierspaan of twee vurke om dit om te draai.
BRON Louise Groenewald
Geskuif