1 pak puff pastry so effens uitgerol en die vulsel is 1 pak boerewors uit die derm gehaal en ½ pakkie maalvleis en dan geur jy die vleis so bietjie met Ina Paarman Meatspice en paar skote worcestershire sous en ½ koppie kaas.
Meng alles lekker deur met jou hande en maak worsrolletjies met die deeg en vleis.
Bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30min.
Resep en foto: Naudéa Visser








