FRIKKADELLE MET ‘N BYT
600 g maalvleis
1 ui fyn gekap (of gerasper)
1 teel droë rissies
1 teel paprika
1 pk wit of bruin uiesop
¼ koppie hawerflokkies
1 koppie suur of gewone room
Meng alle bestanddele goed saam en plaas in die yskas vir ±30 minute.
Rol frikkadelle en plaas in n oond bak. Bedek met aluminiumfoelie en bak vir 45 minute in die oond teen 180º C. Draai die temperatuur af na 160º C. Haal die foelie af en bak n verder 10 – 15 minute om n bietjie kleur aan die frikkadelle te gee.
Resep en foto: Heiner Lange








