VINNIGE HOENDER PASTEI MET GAAR HOENDER
1 gaar draaispithoender
1 groot ui, gekap
2 – 3 repe spekvleis
250 g sampioene
500 ml klaar bereide witsous (ek vat somer 2 pakke Knorr witsous)
Kors:
1 pak bevrore skilferkorsdeeg ontdooi
Voorverhit oond 200°C.
Pluis gaar hoender.
Braai uie en bacon en ook sampioene by.
Voeg by hoender en witsous en meng deur.
Sit deeg oor AFGEKOELde hoender en bak 25 – 30 min.
Resep geplaas deur Jorina Claassen – Huisgenoot 100 beste resepte








