OM DEEG TE MAAK:
Sif die meel met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel in.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om ‘n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels.
Skep die vleisvulsel op een helfte van elke deegsirkel.
Maak die rante klam, vou oor en druk vas.
Druk ‘n riffelpatroon met ‘n vurk om die rante.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180º C tot goudkleurig en gaar.
Bron: Berie Smith








