

SPRINGBOKSAAL IN DIE OOND
1 springboksaal
250 ml (1 koppie) koue water
15 ml (1 eetlepel) asyn
5 ml (1 teelepel) fyn sout
2,5 ml (½ teelepel) varsgemaalde swartpeper
15 ml (1 eetlepel) grofgemaalde koljander
30 ml (2 eetlepel) botter, gesmelt
250 ml (1 koppie) wynasyn
30 ml (2 eetlepel) appelkooskonfyt
Spoel die springboksaal af met ‘n mengsel van die water en asyn. Klad dit droog met kombuispapier.
Meng die sout, peper en koljander en vryf die wildsvleis met jou plathand daarmee in.
Meng die gesmelte botter, wynasyn en appelkooskonfyt om ‘n dikkerige braaisous te maak. Sit die wildsvleis in ‘n oondskottel en giet die helfte van die braaisous daaroor.
Verhit die oond vooraf tot 180 C en steek die skottel in die oond.
Braai in die oond vir 40 minute en giet kort-kort van die res van die braaisous oor. Wanneer die sous pienkerig uitkom as jy die toetspen uittrek, is die vleis gaar. Indien nodig, kan jy dit bietjie bruiner maak onder die oondrooster.
Bedien onmiddellik
FOTO- Annelie van der Merwe-Kruger






