Vryf botter in die meel, sny die vloeistof bietjie vir bietjie in en meng tot sagte deeg. Moenie te veel hanteer nie. GEEN SOUT!
Laat rus vir 30 min. Rol uit of druk in panne.
Wanneer deeg gebêre word in die yskas verkleur dit somtyds agv die sout in die deeg.
Hierdie deeg kan vir soet of sout gebruik word.
Die eierwit kan dalk vir Pavlova gebruik word?
Nota: van dat ek hierdie reseppie gekry het by ons Fynproewers demonstrasie, het ek nog nooit weer ‘n ander resep gebruik nie. Ek het dit al vir hoenderpastei, Quich, snoektert ,souttert en ‘n peertert gebruik. Met groot sukses
Plaas jou vulsel in die voorbereide kors en bak by 180 Grade C tot gaar en mooi bruin. Die tyd sal afhang van die grote van die tert en die vulsel.
Resep: Dalene Brits
Foto: Tamara La Marca










Tamara La Marca
It’s so easy and yummie!