Deeg:
1 rol blaardeeg, ontvries
Verhit die olyfolie en botter en braai die vleis, ui, en wortels tot ligbruin.
Sit al die ander bestanddele by en prut 2 ure tot die vleis sag is.
Skep die vlies uit en verminder die vloeistof tot relatief dik. Indien nodig verdik met mielieblom. Meng in by die vleis.
Rol die deeg uit en gebruik om ramekins of ‘n pasteibak uit te voer (hou genoeg eenkant vir die bo-kant).
Plaas die vulsel in die middel en maak toe met deeg bo-op.
Maak seker daar is ‘n spasie vir die lug om te ontsnap.
Bak by 180°C 20 minute tot goudbruin.
*Wil jy jou eie deeg maak? Hier is ‘n resep:
Warmwaterpasteideeg:
Sif 500 g koekmeel en 2 teelepels sout saam. Maak ‘n gat in die middel.
Smelt 175 g varkvet of botter saam met 1 koppie water.
Roer in by die meelmengsel met ‘n houtlepel en werk dan deur met jou hande.
Laat dit staan 5 minute voor jy dit uitrol en gebruik.







