

WILDSPASTEI MET “SLAP DEEG” KORS
1.5 kg wildsvleis gekook met water en 1 teel naeltjies stukkies.
Varkvet in blokkies gesny stowe tot sag.
Meng die gaar vleis en gestoofde vetblokkies.
250 ml vleisaftreksel
25 ml kookolie
1 ui gekap
50 ml koekmeel
250 ml room
‘n pak gesnyde sampioene
10 ml aangemaakte mosterd
5 ml origanum
sout en peper na smaak
3 ml suiker
Kors:
125 ml water
125 ml olyfolie
1 eier geklits
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
vars gekapte pietersielie
Metode vir pastei
Dreineer vleis, braai sampioene en uie tot glanserig, voeg vleis by, braai liggies, voeg 250 ml aftreksel by. Meng mosterdpoeier, meel en room saam, voeg by die vleis en kook tot dik.
Verwyder van stoof af en skep in ‘n oondbak.
Meng bestanddele vir kors, skep oor die vleis bak 25 min by 180ºC.
Resep geplaas deur Jorina Claassen
Foto- Jorina Claassen






