

NAUDéA SE WILDSPASTEI
Ek braai so bietjie uie en dan voeg ek die wildsvleis BY en dan varkvet wat ek in blokkies sny.
Dan voeg mens fyn naeltjies, balsamiese asyn en water by en laat dit kook tot heeltemal sag.
Vul net heeltyd die water aan.
Wanneer die vleis sag is en uitmekaar begin val sit ek Ina Paarman Meatspice en Rock Salt in na smaak en nog so bietjie asyn en naeltjies en dan bietjie tuisgemaakte perskeblatjang.
By die tyd is meeste vloeistof heeltemal weggekook, maar ek maak 1 teelepel maizena aan met klein bietjie water en voeg by en dan kook ek dit tot die sous lekker dik is.
Skep in ‘n oondbak en sit skilferkorsdeeg oor.
Bak teen 180 º C tot die deeg gaar is.
Resep en foto: Naudéa Visser






