TJOPKASSEROL MET MACARONI
Foto’s: Gideon Louw en Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
6 skaapboudtjops
sout en peper na smaak
bietjie koekmeel
250 ml water
75 ml tamatiesous
25 ml Worcestersous
25 ml asyn
5 ml suiker
150 g (250 ml) gesnyde macaroni
1 ui, gemaal
bietjie gerasperde Cheddar-kaas
Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer ‘n groot oondkasserol met deksel.
Geur tjops met sout en peper en rol hulle in koekmeel tot heeltemal bedek. Plaas langs mekaar in kasserol.
Meng water, tamatiesous, Worcestersous en asyn saam.
Giet die mengsel oor die tjops en strooi suiker bo-oor.
Sit die deksel op en bak die tjops 60 tot 90 minute.
Kook die macaroni en ui saam in soutwater totdat die macaroni sag is. Dreineer en hou warm.
Skep macaroni op die gaar tjops en strooi kaas oor. Plaas kasserol terug in die oond en bak dit sonder die deksel totdat die macaroni begin verbruin.
In plaas van tjops het ons ‘n jong bokribbetjie in langbeentjies gesny. Ons het ook ipv macaroni spaghetti gebruik en dit bo op ‘n bed van smash bedien en dit was djeerlik.
Foto: Gideon Louw
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.