TAAI APPEL PASTEI MET VLA
1 blikkie baba appeltjies, in stroop
2 ½ koppies suiker
1 velletjie ready deeg
2 teelepels kaneel
knippie sout
Kook die appels in die stroop met 2 koppies suiker en die kaneel totdat die appels deurskynend is van die suiker/ kaneel.
(die appeltjies is baie suur, daarom die baie suiker)
Proe of dit soet genoeg is en gooi dan net meer suiker by.
Haal van die plaat af en laat bietjie afkoel.
Rol die deeg nog dunner uit en sny in vierkante (ek het ‘n paar gebak ingeval een sou breek).
Bak in die oond op 180°C of tot dit ligbruin en uit gepof is.
Haal die appels uit die stroop en sny dit van die stronke af (hou so 3 vir versiering).
Gooi van die stroop af en hou omtrent net ‘n halwe koppie in die pot.
Gooi die stukkies appel terug in die stroop en laat weer bietjie kook.
Sodra die driehoek gaar is, sny oop en skep die stroperige appels op die onderste deel van die driehoek.
Sit die boonste driehoek op en versier met suiker en suiker karamel drade.
Ek het die ½ koppie suiker gebruik en karamel drade gemaak vir versiering.
Dien op met vla.
Resep en foto: Amanda Verster Vd Merwe







