ADELE SE BIEFSTUK EN NIERTJIE PASTEI
2 x winkel gekoopte skilferkorsdeeg
Biefstuk en niertjies 1:1 ratio
Fyn vars knoffel na smaak
1 gekapte ui*groot*
Sout en wit peper na smaak
Ina paarman knoffel en kruie na smaak
Fyn naeltjies (na smaak) so 1/3 teelepel (nie te veel nie)
10 ml droë pietersielie
Eier/melk mengsel om pastei kors te verf
1 x blokkie beef “stock pot”(die houertjies)
‘N goeie skeut rooiwyn
Glanseer uie en knoffel in bietjie olie moenie aanbrand nie Braai biefstuk en niertjies vinnig terwyl roer Wanneer vloeistof begin vorm, sit geurmiddels by Voeg wyn by en stock pot ek sit ook knyppie suiker by hierdie stap Nou verminder hitte en prut op stadige hitte Meer vloeistof kan stuks stuks bygevoeg word (Ons is op soek na nie te souserige storie nie) Proe gerus om sout en so aan na jou smaak aan te pas Indien vars pietersielie gebruik Voeg by laaste Intussen rol deeg bietjie dunner My bak was 25 x 25 x 5 Spuit bak met baksproei “BLIND” bak onderste laag skilferkorsdeeg (prik bietjie met vurk)
Claire my kind mamma bak met bietjie stampmielies wat ek weer laat afkoel en weer gebruik)
Laat onderste laag pastei net oppof nie bruin bak myne was so 15 min in voorverhitte 180gr oond Laat bietjie afkoel Skep bakboontjies uit ( in my geval stampmielies) Skep jou gaar vleis mengsel in Weer afkoel ‘n rukkie Rol boonste laag pastei bietjie uit maak jou vulsel toe met sy kombersie Nie styf nie – knyp jou hoekies en randjies bietjie toe sny blommetjies of liefdeswoordjies uit oorskiet deeg
Verf met melk eier mengsel, prik paar plekke Bak so 20 minute verder tot pastei mooi uitgepof en bruin. Bedien met lekker groente, rys en sous en slaai
Variasies:
Gister het ek net een pak skilferkorsdeeg gehad… Ek het toe ‘n tuisgemaakte oorgooi degie gemaak soos volg:
1 koppie bruismeel
1/2 koppie gesmelte botter of margarien (wat jy het)
1 koppie melk
Klits saam en gooi oor pastei . Vir mooilyk het ek ‘n halwe ui in ringe gerangskik, bietjie in degie ingedruk en halfuur gebak!!
Foto en resep: Adele Langley