

ADAM SE MOER-BY HOENDER-HERDERSPASTEI
Ek kook toe twee hoenderborsies gaar saam met uie, speserye, sout en peper. Terselfdertyd kook ek 4 aartappels gaar saam met ‘n verlore blomkoolkoppie wat vergete was en al beter dae geken het. Toe die hoender gaar is, haal ek dit en die uie uit die water en gebruik dieselfde water om 2 soorte pastas, waarvan bietjies wat in die sakkies oor was, ongeveer 500g opgemaak het, gaar te kook. Intussen braai ek 2 groenrissies wat in stukkies gesny is in bietjie olie tot sag en roer ‘n blikkie gekapte sampioene daarby. Continue reading













