SONNEBLOM PASTEI
Sonneblom resep my weergawe daarvan.
1 kg Spinasie die groot pak. Kook in water tot sag. Gooi in vergietes en druk al die water uit!! Laat afkoel. Ek meng dan by dit halwe bakkie Simonsberg sweet chillie cottage cheese (of jou keuse).
Rasper cheddar kaas daarby en krummel feta ook in. Sout, swart pepper, garlic en herb spice na smaak.
Ek is seker daar kan baie met hierdie gedoen word ek moes op gevoel werk, want ek het nie resep gehad nie net ‘n prentjie!! Ek se altyd dit is jou gereg maak hom soos jy daarvan hou.
Nou het jy 1 pak puff pastry nodig. Ek dit uitgerol na alle kante sover ek kon om vir my twee sirkels te kon gee een kleiner en een groter as die ander.
Vir die ekstra deeg wat jy nodig het om oor daai molshopie in die middel te kan kom. So plaas kleiner sirkel op bakplaat plaas dan spinasie mengsel entjie van rand in n sirkel bo op deeg en die orige mengsel vir die molshopie in die middel. Plaas groter sirkel bo-oor en vryf die deeg met jou hand mooi rond om die mengsel en druk vas. Neem dan jou mes en sny soos wat jy koek snye sou sny maar nie deur na die groot molshopie nie. Neem dan elke stukkie en versigtig draai elkeen op sy sy. Smeer met geklitste eier of sonder jou keuse en bak teen 180 ºC 30 min.
BRON- Elmarie Snyman








