MAALVLEIS EN KRUIE ROLLETJIE PASTEI
(vir 4 mense)
250 g knoppiesampioene, middeldeur gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
500 g gaar maalvleis
2 teelepels Worcestershire sous
2 eetlepels Bisto poeier, opgelos in ‘n bietjie water
1 rolletjie (400 g) skilferkorsdeeg (hi-rise/puff pastry) ontdooi
1 koppie beleë Cheddarkaas, gerasper
6 eetlepels Italiaanse pietersielie, gekap
1 eetlepel tiemie, gekap
1 eier geklits
Voorverhit die oond tot 200ºC. Verhit olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene en soetrissie tot gaar. Voeg die gaar maalvleis by, dan Worcestershire sous en Bisto. Verhit die mengsel tot kookpunt en draai dan die hitte laer sodat dit vir 20 min kan prut.
Skep die vleismengsel in ‘n oondbak en laat dit heeltemal afkoel. Rol die skilferdeeg oop op ‘n meelbestrooide oppervlak. Strooi die kaas, 2 eetlepels van die pietersielie en tiemie oor en rol dit weer op. Sny met ‘n riffeltand mes in skywe van 1.5 cm en rangskik die wiele op die afgekoelde vleis (die vleis moet heeltemal afgekoel wees).
Verf die deeg wiele met die eier waarby ‘n bietjie melk geklits is, want dit gee ‘n mooi goudbruin kleur. Bak die pastei vir 20 min of totdat die deeg uitrys en gaar is. Sprinkel die res van die pietersielie oor en bedien met ‘n slaai.
BRON- Martie Fourie Moolman








