


SKAAPSKENKELPASTEI MET LOOP PASTEIDEEG
VULSEL:
sowat 1,5 kg skaapskenkels
25 ml sonneblomolie
1 middelslag ui, gekap
50 ml koekmeelblom
25 ml sampioensoppoeier
250 ml melk
1 blik sampioene (Ek het ‘n pakkie vars sampioene, opgekap gebruik )
10 ml aangemaakte mosterd
125 ml gerasperde kaas
sout en peper
Kook die skenkels in genoeg water tot sag. Deineer en hou 200 ml van die aftreksel.
Ontbeen en sny die vleis in stukkies. Braai die vleis liggies in swaarboompot in die olie.
Skep dit uit en braai die uie in dieselfde kastrol tot effens bruin.
Skep die vleis terug in die kastrol en meng dit met die ui. Voeg die aftreksel by.
Meng die meel, soppoeier en melk en roer by die vleismengsel.
Voeg die sampioene en mosterd by en stowe tot tot sous verdik.
Haal kastrol van die plaat af en roer die kaas by, Geur met sout en peper.
Skep uit in gesmeerde bak. van nagenoeg 2 liter. Giet die deeg en bak in matige oond vir so 20 min.
LOOP PASTEIDEEG
Kors:
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier
110 g (200 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 uie, in ringe gesny
Roer al die bestanddele behalwe die uie ringe van die kors.
Giet dit oor die vulsel.
Rangskik jou uie bo-op en bak… oond is op 200°C of 400°F.
Foto’s: Chantelle Geldenhuys en Martie Fourie Moolman






