

MAALVLEIS EN PAP TERT
Bron: My vriendin -Sarie Labuschagne
Foto: Sarie Labuschagne
FOOD LOVERS RECIPES
1 Klein potjie pap klaar gemaak
250 ml plein jogurt
1 groot uie
250 ml sampioene
1 blikkie room mielies
1 groot groen soetrissie
4 tamaties gekap
blatjang na smaak
BBQ sous na smaak
Baie gerasperde kaas
Maalvleis hoeveelheid eie keuse Continue reading
Category Archives: Mielies & Mieliemeel/ Mealies & Maize
ELSABIE SE MIELIEPAPTERT MET SPINASIE


ELSABIE SE MIELIEPAPTERT MET SPINASIE
Maak 2 koppies mieliemeel aan in ‘n slap pap (+- 5-6k water).
Braai gekapte spinasie en uie en gooi ‘n blikkie tamatie & uie by en prut tot meeste vloeistof weggekook. Geur na smaak.
Braai 2 pakkies sampioene in olyfolie en botter tot dit begin verkleur en verwyder van hitte.
Rasper 2 koppies skerp Cheddar kaas.
Spuit of smeer ‘n groot oondvaste bak en skep die helfte van die pap onder in. Skep die spinasie mengsel oor die pap en volg met die res van die pap. Skep die sampioene bo-oor, strooi die kaas oor en bak vir 15min by 200C of tot die kaas mooi gesmelt het en die gereg deurwarm is.
Bron en foto: Elsabie Templeton
MAALVLEISKASSEROL MET MIELIEPAP


MAALVLEISKASSEROL MET MIELIEPAP
1 koppie mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
1 x 410 g blik geroomde mielies
Meng saam en laat kook vir 20 min. Skep in oonvaste bak.
Braai die volgende saam:
1 ui op gekap
1 groenrissie op gekap
1 knoffelhuisie fyn gekap
1 eetlepel olie
500 g maalvleis
sout en swartpeper na smaak Continue reading
CORRIE SE LEKKER PAPTERT MET ROU MEEL


CORRIE SE LEKKER PAPTERT MET ROU MEEL
Braai saam en hou eenkant:
2 groot uie, gekerf
1 pk spek, gesnipper
1 bakkie sampioene, gekerf
Meng saam:
1 koppie mieliemeel
1 koppie suiker
1 koppie room
1 koppie water
1 blik heelpit mielies
1 blik soet mielies, room soort
2 eiers
5 ml bakpoeier Continue reading
SUSSA SE MIELIE POFFERTJIES


SUSSA SE MIELIE POFFERTJIES
1 blikkie geroomde suikermielies
1 eier
2 eetlepels suiker
knippie sout
Bruismeel tot dat die deeg nie te slap of te styf is nie.
Metode:
Gooi blikkie mielies in bak, klits eier, suiker en sout by, gooi genoeg meel by om ‘n lekker sagte deeg te vorm wat met lepel geskep kan word, nie te slap nie, nie te styf nie. Bak eetlepels vol in olie, nie te warm nie anders is dit buite gaar en binne nog rou. Heerlike sagte poffertjies.
Bron: Carol Peyper Lourens
Foto: Loraine Peyper Viljoen
MEALIE MEAL WAFFLES


MEALIE MEAL WAFFLES
1 ½ cups corn meal
3 cups milk
2 tablespoons butter
1 cup sharp cheddar cheese or corn kernels
¼ teaspoon salt
⅛ teaspoon pepper
pinch cayenne pepper
2 eggs
¼ cup cornstarch Continue reading
LORAINE SE LEKKER PAPTERT


LORAINE SE LEKKER PAPTERT
Resep as volg : Pap gemaak bietjie stywer as kapokaartappels gekook tot gaar, toe blikkie room mielies ingeroer en nog so rukkie laat kook. Tamatie en uie sous gemaak met sout en bietjie suiker om die suur van die tamatie se breek. Bacon lekker bros gebraai. Laag pap in glasbak geskep toe tamatie en uie oorgegooi, bacon oor gestrooi, weer laag pap oor geskep. 250ml room oorgegooi. Lekker baie kaas oor gestrooi en in oond gebak tot goudbruin. Kan ook mushrooms en greenpeppers saam die tamatie en uie braai en bietjie knoffel insit vir variasie.
Bron en Foto: Loraine Peyper Viljoen
EDNA SE PAP BALLETJIE GEREG



EDNA SE PAP BALLETJIE GEREG
Maak pap gaar.. genoeg vir jou aantal gaste. (nie styf nie jy moet dit so in balle met 2 lepels in n bak kan Skep.
Skep dit dan in ‘n bak, ek het so nege handpalm grote balle gekry.
Dan maak jy jou eie sous… ek het sommer braai relish, bruin uiesop, bietjie braaispices, bietjie chutney en tamatiesous. Kook die sous lekker deur. Dan gooi jy die sous so tussen die papballe.
Braai uiering en mushrooms… in botter en knoffel… nie te pap nie… en gooi bo oor die papballe.
Dan rasper jy lekker baie kaas bo oor… sit in die oond by 180 grade C tot lekker warm en tot die kaas so wil wil crispy word.
Haal uit en sny peppedews bo oor… dit is die verassingkies so tussen die happe… die papdis ruik fantamagories… ala Edna…. Volgende keer gaan ek room ook oor die pap gooi ekt net nie gehad nie…. as dit proe soos dit ruik…. dans dit n wenner…
FOTO EN RESEP: Edna Liebenberg Willemse
ERIKA SE PAPTERT


ERIKA SE PAPTERT
olie
botter
1½ beker water
krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
1 houertjie room
1 pakkie potato bake
Roast Vegetable pasta sous
1 klein blikkie chakalaka met mielies
kaas, gerasper
2 uie, opgesny
tiemie Continue reading
MARIAAN SE PAPBALLE


Lekker gebraaide steak, wildvleis worsies, papballe en uie, groenpeper en tamatiesmoor:
MARIAAN SE PAPBALLE 😊
Maak stywerige pap en laat afkoel.
Gooi olie in diep pot en verhit tot lekker warm.
Rol balle in skoon handpalms.
Wanneer die olie reg is, sit so 3 balle in pot en bak tot lig goudkleur.
Skep uit en bedien met sous soos verkies
Foto en resep: Esme Scheepers Van Wyk

