LORAINE SE LEKKER PAPTERT
Resep as volg : Pap gemaak bietjie stywer as kapokaartappels gekook tot gaar, toe blikkie room mielies ingeroer en nog so rukkie laat kook. Tamatie en uie sous gemaak met sout en bietjie suiker om die suur van die tamatie se breek. Bacon lekker bros gebraai. Laag pap in glasbak geskep toe tamatie en uie oorgegooi, bacon oor gestrooi, weer laag pap oor geskep. 250ml room oorgegooi. Lekker baie kaas oor gestrooi en in oond gebak tot goudbruin. Kan ook mushrooms en greenpeppers saam die tamatie en uie braai en bietjie knoffel insit vir variasie.
Bron en Foto: Loraine Peyper Viljoen