


EDNA SE PAP BALLETJIE GEREG
Maak pap gaar.. genoeg vir jou aantal gaste. (nie styf nie jy moet dit so in balle met 2 lepels in n bak kan Skep.
Skep dit dan in ‘n bak, ek het so nege handpalm grote balle gekry.
Dan maak jy jou eie sous… ek het sommer braai relish, bruin uiesop, bietjie braaispices, bietjie chutney en tamatiesous. Kook die sous lekker deur. Dan gooi jy die sous so tussen die papballe.
Braai uiering en mushrooms… in botter en knoffel… nie te pap nie… en gooi bo oor die papballe.
Dan rasper jy lekker baie kaas bo oor… sit in die oond by 180 grade C tot lekker warm en tot die kaas so wil wil crispy word.
Haal uit en sny peppedews bo oor… dit is die verassingkies so tussen die happe… die papdis ruik fantamagories… ala Edna…. Volgende keer gaan ek room ook oor die pap gooi ekt net nie gehad nie…. as dit proe soos dit ruik…. dans dit n wenner…
FOTO EN RESEP: Edna Liebenberg Willemse






