ELSABIE SE MIELIEPAPTERT MET SPINASIE
Maak 2 koppies mieliemeel aan in ‘n slap pap (+- 5-6k water).
Braai gekapte spinasie en uie en gooi ‘n blikkie tamatie & uie by en prut tot meeste vloeistof weggekook. Geur na smaak.
Braai 2 pakkies sampioene in olyfolie en botter tot dit begin verkleur en verwyder van hitte.
Rasper 2 koppies skerp Cheddar kaas.
Spuit of smeer ‘n groot oondvaste bak en skep die helfte van die pap onder in. Skep die spinasie mengsel oor die pap en volg met die res van die pap. Skep die sampioene bo-oor, strooi die kaas oor en bak vir 15min by 200C of tot die kaas mooi gesmelt het en die gereg deurwarm is.
Bron en foto: Elsabie Templeton