MAALVLEIS EN PAP TERT
1 Klein potjie pap klaar gemaak
250 ml plein yoghurt
1 groot uie
250 ml Sampioene
1 blikkie room mielies
1 groot green pepper
4 tamaties gekap
Chutney na smaak
BBQ sous na smaak
Baie kaas
Maalvleis hoeveelheid eie keuse
Metode
Braai uie, tamaties, sampioene en green pepper in olie.
Gooi maalvleis by en braai tot gaar, plaas al die ander groente, souse en yoghurt by.
Meng goed, plaas ‘n lagie pap in gesmeerde glas bak. Dan kaas lagie dan vleis lagie. Herhaal tot alles klaar is. Laaste laag kaas bak tot kaas gesmelt het. Onthou alles is gaar bedien met n slaai
Bron My vriendin.
Foto: Sarie Labuschagne