MARTIE SE GEHEIME SJOKOLADE KOEK
(“Geheime Resep”!!)
Kook en laat afkoel:
1 ½ koppies water (375 ml)
4 eetlepels kakao
125 ml olie
Klits saam:
4 ekstra groot eiers
1 ½ koppies suiker
Voeg by eiermengsel:
500 ml koekmeel (2 koppies)
20 ml bakpoeier (4 teelepel)
Knippie sout en laastens die afgekoelde olie mengsel.
Giet in 2 diep gesmeerde koekpanne.
Bak by 180°C vir ongeveer 35 minute, of toets met pennetjie.
Bron en foto: Martie White
2de Foto: Amanda Coetzee
Magda Van Der Merwe
Graag wil ek net ‘n tip gee , dit moet exstra large eiers wees , praat uit ondervinding