


ANCHOVY BOTTER VIR STEAK
Dit lyk dalk nie so aanloklik nie, sou kon doen met pietersielie of grof gekapte anchovy as garnish. Ek het n anchovy botter topping gemaak vir steak gister aand. Idee gekry van n restaurant ete waar dit op spyskaart heerlik geklink het, maar toe kom die steak met n gevriesde blokkie botter met 1 anchovy fillet bo op dit…
1 botteltjie anchovy fillets met olie. Hou n paar uit om opgekap as garnish bo op te kom
250 ml sagte botter.
Suurlemoen sap na smaak (10 ml).
10 ml Oyster sauce (Chinese winkel) opsioneel
Blits met stok blender. Vries die oorblyfsels vir n volgende keer
Bron en foto: Petro Borchard






