KAASPOTJIES
Ek is verveeld en krap in ou resepteboeke rond – kom ek af op hierdie reseppie. Nog nooit gemaak nie maar as ek die resep so lees, klink dit amper soos gegeurde roomkaas. Maklike genoeg om te probeer. Het dit met die hand afgeskryf van iemand wat ek nie meer kan onthou nie.
250 g sagte maaskaas (ongegeurd)
125 g suur room of créme fraiche
5 ml Ina Paarmans Green Onion Seasoning
30 ml fyn gekapte chives
Meng al die bestanddele saam en skep in klein patee potjies – maak toe en verkoel in yskas. Bedien op beskuitjies met “Sweet chillie” konfyt.
Nog ‘n baie lekker reseppie uit ‘n ou resepteboek van my (het nog net geeet by iemand se verjaarsdag maar nog nie self gemaak nie). Ongelukkig geen foto.
Resep geplaas deur: Lorraine Witz Brand