

HEERLIKE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER
2 medium wortels, geskil
1 medium ui, geskil
1/2 green pepper
1/2 teelepel rooi pepper
1/3 komkommer
wit asyn
300 ml mayonnaise
3 ml sout (of na smaak)
5 ml suiker (of na smaak)
Sny al die groente in baie klein blokkies. Sit in ‘n vlekvrye staalbak, en bedek met asyn. Laat oornag staan. Dreineer goed en druk soveel moontlik vloeistof uit, meng met mayonnaise en roer sout en suiker by. Skep in ‘n skoon glasbottel en bêre in die yskas. Die resep maak 1 groot glasbottel vol smeer.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs
Marieta Janse van Rensburg
Ek gebruik nie vars komkommer nie, dit word sleg. Sit gherkins en peppadews in en so klein bietjie kondensmelk om dit ‘n sweet en tangy smaak te gee.







Geskuif