APPEL ROSE
6 klein rooi apples. Ontpit, halveer en sny in dun skywe. (Ek verkies om dit nie te skil nie. Hou van die kontras)Kook dit vir 19 min oor medium hitte. Nie te sag of pap nie net sodat dit ferm maar buigbaar is.
Laat af koel maak intussen skiferkorsdeeg (op die groep se resepte) aan en rol dit lekker dun uit.
Sny repe van 15 cm x 3cm.
Pak jou appelskywe op die rand van die repe sodat die halfmane uitsteek bo die deeg.
Rol die repe dan op en druk die onderste rand aan mekaar vas en plaas in kolwyntjie pan.
Bak by 220 grade C vir 15 min.
Maak sous op stoof met volg.
Knippie sout.
Halwe koppie bruin suiker
5ml k neel.
10ml margarine en
1 koppie water.
Bring tot kookpunt en roer aanhoudend tot al suiker opgelos is. Kook verdere drie min lank.
Sprinkel sous oor die appelrosies sodra dit uit die oond kom.
As jy van kaneel hou kan jy dit ekstra oorstrooi voor jy dit bedien.
Kan net so bedien word of as nagereg met room of roomys.
Bron en Foto: Martie Coetzee